Nuusbrief 2018|01
“Ek het jou seun.”
Hallo, en welkom by my nuusbrief.
Eers moet ek om verskoning vra dat ek so lank stil was en tweedens dat hierdie nuusbrief nou eers arriveer. Ek het my webwerf heeltemal herontwerp en dit het heelwat langer geneem as wat ek gehoop het. Maar dis nou opgelaai. Gaan maak gerus ’n draai daar—klik net op my naam heel bo—en laat weet my wat jy dink. Dit lyk nie net anders nie, die meeste van die inhoud is ook nuut.
“Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.”
My nuwe boek se titel is Losprys en dit sal binnekort in boekwinkels begin vervuil.
Losprys kom vroeg in Oktober uit. Daar gaan drie bekendstellings in die Kaap wees:
-
Brackenfell-
biblioteek. -
Bellville-
biblioteek, saam met James- Brent Styan (Steinhoff en die Stellenbosse Boys). - Bargain Books Willowbridge.
As jy in die Kaap is, kom kuier asseblief saam. Daar is meer inligting op my webwerf. Ons werk ook aan ’n toer Pretoria toe in November.
Dankie dat jy gelees het.
m.s.