Afrikaanse webwerf English website
martin steyn
NB-Uitgewers

skrik op die lyf

Die kollektiewe geheuebank is propvol bangmaakstories; spektakulêre en sinistêre afskuwelikhede word vanaf die wieg van die mensdom oral oorgelewer, van grot tot kampvuur. Nou is dit geboekstaaf: ’n vreesaanjaende bundel grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is.

Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, RR Ryger, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm, Marié Heese, Cecile Cilliers, Malene Breytenbach, Fanie Viljoen en Herman Lategan jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlik-woordbegaafde bangmakers debuteer ook hier. Mense met verbeeldings soos vingernaels wat oor ’n swartbord knars.

HTML5
kopiereg © 2017 deur martin steyn
alle regte voorbehou