Wil jy my nuusbrief per e-pos ontvang? Teken hier in.

Klik hier as jy nie meer my nuusbrief wil ontvang nie. Dit sal natuurlik ’n stukkie van my doodmaak, maar as jy regtig voel jy moet, sal ek seker maar op ’n manier sonder jou moet aangaan. En vasklou aan die hoop dat jy weer eendag sal terugkom ;)

nuusbrief
Facebook

Wie is Jan Magson?

Hallo, en welkom by my eerste nuusbrief!

Dis nou nie meer lank voor Donker Spoor op ’n rak in ’n boekwinkel naby jou gaan verskyn nie. Dit gaan oor die polisie se ondersoek na ’n reeks moorde op hoërskoolmeisies. Wie se verantwoordelikheid is dit om die moordenaar te jag? Die meeste daarvan kom rus op adjudant Jan Magson se skouers. Maar wie is Jan Magson?

“Bloed is nie nodig
om wreed vermoor te word nie.”

Adjudant-offisier Jan Magson—of “Mags” soos sy kollegas hom noem—word as die ondersoekbeampte aangewys toe ’n tienermeisie se liggaam in die veld buite Durbanville ontdek word. Nog voor hy uitvind dat dit nie ’n geïsoleerde moord is nie, is hy nie lus vir die dossier nie. In rou ná sy vrou se dood, is daar eintlik min waarvoor Mags regtig lus is. Op 54 is hy in die laaste jare van sy polisieloopbaan.

Donker Spoor is Mags se storie, en dit gaan oor meer as net die soektog na ’n reeksmoordenaar voor hy nóg ’n slagoffer wegraap.

Ek sal jou ook graag aan nog ’n paar van die belangriker karakters in die storie wil voorstel, soos Mags se partner, Colin Menck. Hulle wag hier.

Dankie dat jy gelees het. As jy kommentaar op die nuusbrief het, laat my weet.

m.s.

Donker Spoor

07.2014