Wil jy my nuusbrief per e-pos ontvang? Teken hier in.

Klik hier as jy nie meer my nuusbrief wil ontvang nie. Dit sal natuurlik ’n stukkie van my doodmaak, maar as jy regtig voel jy moet, sal ek seker maar op ’n manier sonder jou moet aangaan. En vasklou aan die hoop dat jy weer eendag sal terugkom ;)

nuusbrief
Facebook Twitter YouTube

Wie is skuldig?

Hallo, en welkom by my nuusbrief.

My tweede misdaadroman kom oor minder as ’n maand! Die titel is Skuldig en regs kan jy sien hoe die voorblad lyk.

Oukei, wie se voete is dit? En waaroor gaan Skuldig in elk geval?

As die dood onverwags en gewelddadig kom,
is dit regtig beter om vinnig,
sonder lyding, saam te gaan?
Het die meeste mense nie daardie oomblikke nodig
om te bely en om vergifnis te vra nie?

’n Middeljarige tandarts, tereggestel in sy sitkamer. Teen die muur, een woord. In bloed. Adjudant Colin Menck kyk na die “skoon” toneel en hy is oortuig dis ’n professionele moordenaar se werk.

Wie het hom gehuur? Die hoofverdagte is die slagoffer se vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen om so ’n dood te verdien?

Minder as ’n week later staan Menck weer voor ’n muur met sewe bloederige letters. Die enigste verbintenis tussen die twee slagoffers is nog ’n ongelukkige vrou, ’n eks hierdie keer, hulle seuntjie ’n twispunt.

Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier. En iemand uit ’n hoofstuk in sy lewe waarvan Menck eerder wil vergeet.

Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf?

As jy die tweede week van Maart in die Kaap is, onthou die US Woordfees. Ek is so bevoorreg om saam met Madelein Rust van Die 13de Kaart-faam op te tree. ST Potgieter gaan met ons praat. Meer details op regterhand.

Dankie dat jy gelees het.

m.s.


Die kommentaarboksie is hier.

Skuldig

03.2015