Wil jy my nuusbrief per e-pos ontvang? Teken hier in.

Klik hier as jy nie meer my nuusbrief wil ontvang nie. Dit sal natuurlik ’n stukkie van my doodmaak, maar as jy regtig voel jy moet, sal ek seker maar op ’n manier sonder jou moet aangaan. En vasklou aan die hoop dat jy weer eendag sal terugkom ;)

nuusbrief
Facebook Twitter YouTube

“Menck. Hallo?”

Hallo, en welkom by my nuusbrief.

Voor ek by Menck kom, die US Woordfees. Maandag wat nou kom, gaan ek saam met Madelein Rust (Die 13de Kaart) by die Erfurthuis wees. As jy in die Stellenbosch-omgewing is, kom maak gerus ’n draai. Kry jou kaartjie by Computicket voor dit te laat is. Meer details regs onder.

Goed. Skuldig is nou so naby, ek kan al die papier en die gom ruik. Ek kan nie wag dat dit op winkelrakke—reëel en virtueel—vervuil raak nie. Ek is baie nuuskierig om te hoor wat mense dink.

’n Mens se lewe is die een ding in Suid-Afrika
wat net goedkoper raak.

As jy Donker Spoor gelees het, sal jy natuurlik reeds die naam Colin Menck ken. In Skuldig is Menck die ondersoekbeampte en die hoofkarakter. Hy is die een wat moet uitvind wie hierdie mans in hulle eie huise teregstel en waarom. En hy moet dit met ’n nuwe partner doen.

Die rol van seniorvennoot skaaf maar aan Menck. Die nuwe groepleier ook.

In Donker Spoor het ons Menck deur Jan Magson se oë leer ken, meestal terwyl hulle verdagtes gesoek en leidrade opgevolg het. Nou, sewe, agt maande ná daardie desperate soektog na die moordenaar van tienermeisies, gaan ons saam met Menck huis toe. Ons het gehoor van Kathy en die volstruisvleis, Casey se droom om ’n perd te kry en Ben wat dink sy ouers weet niks, nou ontmoet ons hulle.

Maar oor alles hang daar sewe bloederige letters wat in doodsangs teen ’n muur geskryf is. ’n Moordenaar wat klinies sy taak uitvoer. ’n Lys slagoffers wat langer word.

Dankie dat jy gelees het.

m.s.

(As jy wonder wie hierdie nuwe partner en groepleier is, vind hier uit.)


Die kommentaarboksie is hier.

Skuldig

03.2015