Wil jy my nuusbrief per e-pos ontvang? Teken hier in.

Klik hier as jy nie meer my nuusbrief wil ontvang nie. Dit sal natuurlik ’n stukkie van my doodmaak, maar as jy regtig voel jy moet, sal ek seker maar op ’n manier sonder jou moet aangaan. En vasklou aan die hoop dat jy weer eendag sal terugkom ;)

nuusbrief
Facebook Twitter YouTube

Die wag is uiteindelik amper verby!

Hallo, en welkom by my nuusbrief.

“Menck … ” Winters se stem klink vreemd. “My suster …
sy’s … Ek is by sy flat. Ek … ek het jou hulp nodig.”

Met hierdie woorde het Skuldig geëindig. En die wag om uit te vind wat presies met Winters se suster Claire gebeur het, is uiteindelik amper verby. Ek weet, dit was ’n helse lang tyd.

My derde roman kom in Augustus uit. Die titel is Swartval en in die volgende nuusbrief sal ek meer daaroor vertel. Nou is dit eers tyd vir ’n kompetisie!

Omdat Swartval ’n vreemde—en opgemaakte!—titel is, het ek gedink dit sal interessant wees om uit te vind wat mense dink dit beteken. So volg hierdie skakel en stuur vir my jou idee oor wat agter die titel skuil. Die een waarvan ek die meeste hou, sal ’n getekende kopie van Swartval wen. Die kompetisie sluit op 18 Julie 2016.

Gebruik jou verbeelding, wees oorspronklik—dit hoef nie die “regte” betekenis te wees nie. Verras my!

Dankie dat jy gelees het.

m.s.


Kommentaarboksie

Swartval

08.2016