Wil jy my nuusbrief per e-pos ontvang? Teken hier in.

Klik hier as jy nie meer my nuusbrief wil ontvang nie. Dit sal natuurlik ’n stukkie van my doodmaak, maar as jy regtig voel jy moet, sal ek seker maar op ’n manier sonder jou moet aangaan. En vasklou aan die hoop dat jy weer eendag sal terugkom ;)

nuusbrief
Facebook Twitter YouTube

Hy het teruggekom

Hallo, en welkom by my nuusbrief.

Swartval kom oor ’n paar weke! Ek kan nie wag nie. So kyk gou na die voorblad en dan vertel ek jou waaroor dit gaan.

Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy.
Die een wat die blomme op haar kar gelos het.
Hy het teruggekom. En hierdie keer
het hy nie gekom om iets te bring nie,
hy het gekom om iets te vat.

Vir haar.

En nou word Claire Winters iewers in ’n sel van sement gevange gehou. Eers plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie. Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos.

Die enigste uitweg is deur haar ontvoerder. Want hy het die kelder se sleutel. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word.

Swartval kom in Augustus.

Dankie dat jy gelees het.

m.s.


Kommentaarboksie

Swartval

08.2016