Wil jy my nuusbrief per e-pos ontvang? Teken hier in.

Klik hier as jy nie meer my nuusbrief wil ontvang nie. Dit sal natuurlik ’n stukkie van my doodmaak, maar as jy regtig voel jy moet, sal ek seker maar op ’n manier sonder jou moet aangaan. En vasklou aan die hoop dat jy weer eendag sal terugkom ;)

nuusbrief
Facebook Twitter YouTube

Niemand kom nie

Hallo, en welkom by my nuusbrief.

Die swart stroom in
waar daar ’n oomblik terug nog lig was.
Dit kom sit op haar vel.

Dit bly een van die lekkerste sinne om te tik: Swartval is NOU BESKIKBAAR by boekwinkels landwyd sowel as aanlyn! Hier is ’n lok-video:

Op 1 Augustus het ek die voorreg gehad om by Kabous Meiring in die Prontuit-ateljee te kuier. Ware-misdaadskrywer Carla van der Spuy (Mens of Monster, Bloed op haar Hande en Mishandel, Misbruik, Misken) was ook daar. Ons het oor Swartval gepraat, en oor misdaad teen en deur vroue. Die program is in drie dele. Klik hier om te kyk.

Dankie dat jy gelees en gekyk het.

m.s.

Kommentaarboksie

Swartval

NOU BESKIKBAAR