Wil jy my nuusbrief per e-pos ontvang? Teken hier in.

Klik hier as jy nie meer my nuusbrief wil ontvang nie. Dit sal natuurlik ’n stukkie van my doodmaak, maar as jy regtig voel jy moet, sal ek seker maar op ’n manier sonder jou moet aangaan. En vasklou aan die hoop dat jy weer eendag sal terugkom ;)

nuusbrief
Facebook Twitter YouTube

Claire

Hallo, en welkom by my nuusbrief.

Swartval is nou amper hier en dis tyd om jou so ’n bietjie meer oor Claire te vertel. Nie te veel nie, want ’n groot deel van ’n storie se lekker is juis om die karakters te leer ken.

“Dis vir jou,” sê Derek. “Ek het gedink dit sal goed wees as jy ’n slag weer goeie blomme kry.”
Goeie blomme. Een en twintig jaar lank het Claire nooit besef daar is ’n ander soort nie.

Claire Winters is adjudant Derek Winters van Skuldig se jonger suster. Toe Derek se droom waar word, en hy na die Ernstige Geweldsmisdaadeenheid verplaas word, bly sy in hulle grootworddorpie agter. Met haar drome om te reis en die wêreld te sien, voel Robertson soos ’n hok. Sy besluit om haar broer Kaapstad toe te volg.

Claire begin net haar voete vind toe dit begin. Een blom onder haar ruitveër toe sy ná werk by haar Tazz kom. Eers ’n rooi een. Toe ’n dooie een. En toe die swartes.

Derek wag die bekruiper in en konfronteer hom. Hy belowe Claire dat dit verby is. Dae kom en gaan sonder dat sy ’n blom onder haar ruitveër kry. ’n Week. Twee. Claire begin glo dit is verby.

Maar hy het net gewag. En hierdie keer bring hy nie ’n blom nie, hy bring ’n mes. Hy kom nie om iets te los nie, maar om iets te vat.

Vir haar.

Dankie dat jy gelees het.

m.s.


Kommentaarboksie

Swartval

08.2016