Nuusbrief 2018|02
“Ek verkies ook moord.”
Hallo, en welkom by my nuusbrief.
In die vorige nuusbrief het ek ’n bietjie vertel waaroor Losprys gaan. In hierdie een wil ek oor my nuwe speurder praat.
Die tienerseun van ’n Amerikaanse gesin loop af na die rotse in Llandudno, iets wat hy gereeld doen, maar kom nie terug nie. Sy foon is af. Die buurtwag soek. ADT soek. Die polisie soek. Die volgende oggend ontvang sy ma ’n oproep van ’n man wat sê dat hy die seun het en weer sal bel. Die saak verander van ’n vermiste persoon na menseroof en adjudant-
“Wat ek wil hê, is moordslagoffers. Dooie victims. Dis nie asof dit moeilik is om van hulle in ons land te kry nie.”
Ariefdien is nie geïmponeer om by ’n saak van menseroof ingesleep te word nie. Vandat die Stasiemoordenaar seuns se lyke in die duine van Mitchells Plain gelos het, dieselfde duine waar hy en sy tjommies net ’n paar jaar tevore nog gespeel het, wou Ariefdien ’n moordspeurder wees. Hy wil nie ’n ontvoerde kind se lewe in sy hande vashou nie …
Aan die ander kant van die Nissan Tiida sit sersant Fikiswe Zaphalala. Nog nie dertig nie, is sy bly oor die geleentheid om ’n slagoffer lewend terug te kry.
“Dood, dood, dood, dood. Jy het ’n kans vir ’n regte gelukkige einde. Maar al wat jy wil hê, is die dood.”
Bo-oor Ariefdien staan kaptein Fundile Lubambo, opgewen deur die hoëprofielsaak en die vooruitsig van al die aandag wat dit meebring.
“Ek wil hê jy moet ophou om met hom te speel. Ek wil hê jy moet hom breek.”
En by die huis wag Jemaima en Roshaan, die een se oë verwytend, die ander verlangend.
Lees meer oor Ariefdien, Zaphalala en Lubambo op my webwerf.
Dankie dat jy gelees het.
m.s.