Nuus

Nuwe nuusbrief: Elke woord kan ’n sneller wees. Vind meer uit oor my nuwe polisieriller, Blinde Kol.

My nuwe polisieriller kom in September. Die titel is Blinde Kol.

Nuwe Substack-artikel: Words, bloody words. Kom lees my eerste artikel op Substack, vind uit waaroor One bloody word at a time gaan, en kom saam op my avontuur terwyl ek my nuwe boek skryf.

Nuwe nuusbrief: Een bloederige woord. Kom lees meer oor my Substack, One bloody word at a time (wat in Afrikaans en Engels sal verskyn), en kom saam op my avontuur terwyl ek my nuwe boek skryf.

Clanwilliam Boekdinge. Ek het die voorreg om by die eerste boekfees in Clanwilliam te praat.

Nuwe nuusbrief: “Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie.”. Kom lees meer oor Losprys, die inspirasie agter die ontvoering en ander stories wat uit die navorsing ontkiem het.

Artikel: “KKNK | Martin Steyn se gunsteling-SA reeksmoordenaar.” Die hoogtepunte uit my gesprek met Nadine Petrick by die KKNK deur AJ Opperman.

Klein Karoo Nasionale Kunstefees: “Seisoen van Steyn.” Nadine Petrick lei die gesprek.

Nuwe nuusbrief: Die res van die wêreld bestaan nie hier nie. Kom lees meer oor Swartval, die dansers wat my gehelp het om Claire se wêreld te verstaan en die pepersproei-insident.

Nuwe resensie van Skimme en Spoorsoekers: “Martin Steyn se kortverhale gee jou hoendervel en laat jou hare rys,” skryf Irma Steffens op SARIE.com.

Podsending-onderhoud: Christa Steyn-Bezuidenhout praat met my op Maroela Media.

Die Albanese uitgewer Ombra GVG gaan Swartval uitgee.

Radio-onderhoud: Ilse Salzwedel praat met my op Skrywers en Boeke op RSG.

Nuwe nuusbrief: “Almal het ’n donker kant.” Kom lees meer oor Skuldig, hoe die idee gekom het en die hoofkarakter AO Colin Menck.

Onderhoud: Elna van der Merwe van Huisgenoot het met my gepraat oor Skimme en Spoorsoekers, watter karakter ek die minste hou en vyf dinge wat my verstom.

Bekendstelling van Skimme en Spoorsoekers by die Strand-biblioteek. Nadine Petrick lei die gesprek.

Ek het die groot voorreg om die Lekkerleesboekrak se Skrywer van die Maand vir Maart te wees.

Nuwe nuusbrief: Koue bloed. Kom lees ’n stukkie uit “Koue bloed”, die langste storie in Skimme en Spoorsoekers, waar ’n jong vrou in haar kombuis met ’n mes doodgesteek is en AO Colin Menck die spoor van haar moordenaar volg.

Nuwe resensie van Skimme en Spoorsoekers: “Ek wil nie net die volgende storie lees nie, ek brand om my eie neer te pen. En dít is skryf op sy beste,” skryf Stefaans Coetzee in Rapport.

Nuwe nuusbrief: Stukke lê oral. Kom lees ’n stukkie uit “Ons eendag”, ’n storie wat voorheen in Vrouekeur verskyn het en met ’n ontploffing begin.

Nuwe resensie van Skimme en Spoorsoekers: “Dis ’n heerlike leeservaring, hierdie stories … Om dit so op een slag te verslind en die skrywer agter die woorde te gewaar is uiters bevredigend,” skryf Deborah Steinmair op LitNet.

Nuwe nuusbrief: Nie ’n woord nie. Kom lees ’n stukkie uit “Sprokie vir ’n Plain-kind”, waar ’n speurder op ’n moordtoneel rondkyk en twee blink ogies onder die bed sien.

Nuwe resensie van Skimme en Spoorsoekers: “Skimme en spoorsoekers is ’n moet vir Steyn se aanhangers, maar ook ’n moet vir dié wat nie sy werk ken nie,” skryf Ilza Roggeband in Die Burger.

Nuwe nuusbrief: Niemand weet ek is hier nie. Kom lees ’n stukkie uit “Märchen”, een van die ouer kortverhale in Skimme en Spoorsoekers, waar ’n fotograaf die spoor van ’n vermiste meisie en diamante in Namibië volg.

Nuwe resensie van Skimme en Spoorsoekers: “Steyn se donker verbeelding … dans kringe om die leser op die maat van ironie, onverwagte kinkels, en wrang humor, uitgevoer deur oortuigende karakters,” skryf Anschen Conradie op haar resensieblad, Uitdieperdsebek.

Skimme en Spoorsoekers is nou beskikbaar by boekwinkels en aanlyn.

Cape Flats Book Festival: “Klokke, Skimme en Skerpioene.” Nadine Petrick lei die gesprek met my (Skimme en Spoorsoekers), Bettina Wyngaard (Knal) en Deon Meyer (Skorpio).

My boksie eksemplare van Skimme en Spoorsoekers word afgelewer.

Onderhoud: Die Penguin Post het my gedwing om die storie in Skimme en Spoorsoekers te kies wat ek die graagste wil hê lesers moet lees.

2025

2024

2022

2021

2020

2019

2018

2017

2016

2015

2014

ENGLISH
×
Kontak my Teken in op my nuusbrief