Alles voel verkeerd hier …

Skimme en Spoorsoekers

Skimme en Spoorsoekers
Border

Niemand weet ek is hier nie.
Want ek mag nie hier wees nie.

’n Man staan op ’n brug, reg om te spring. ’n Geheimsinnige vrou verskyn snags langs die Knysna-meer. ’n Vrou gaan op ’n soektog deur Namibië na diamante en ’n ou Duitse liefdesverhaal. ’n Man word uit sy roetine geruk om ’n lewensbelangrike keuse te maak. Twee tieners volg ’n vreemde lig en maak ’n donker ontdekking. ’n Stiefpa hou aan terugkom. ’n Meisie probeer haarself weer aanmekaarlas. ’n Ander een probeer haarself vermom. ’n Derde een worstel met die dood. ’n Pa hou sy gesin met ’n pistool aan. ’n Moordspeurder is desperaat om ’n jong ooggetuie te beskerm. ’n Man wag dat ’n vrou uit ’n koma wakker word. ’n Meisie verdwyn in haar woonbuurt. ’n Ma moet ’n verskriklike ding doen. ’n Polisielid moet help om ’n gewelddadige betoging te onderdruk. ’n Seun dink dis net ’n gewone visvanguitstappie. ’n Ou man soek sy herinneringe. ’n Seuntjie kruip weg terwyl sy pa met sy ma baklei. ’n Jong man vra sy meisie om te trou net voor ’n bomontploffing. ’n Boemelaar word wakker in ’n veranderde wêreld. ’n Jong man word wakker en ontdek sy vriendin se bebloede liggaam.

21 stories wat oor die afgelope 27 jaar uit die donker verbeelding van Martin Steyn gekruip het, insluitend sy eerste gepubliseerde storie en ’n vervolgverhaal met AO Colin Menck (Donker Spoor, Skuldig). Stories wat in bundels en tydskrifte verskyn het, stories wat nog nie voorheen gepubliseer is nie. Stories oor hunkering, trauma en onmoontlike keuses. Stories met donker draaie en wrang kinkels. Stories oor skimme en spoorsoekers.

Border
Skimme

Bestel Skimme en Spoorsoekers aanlyn en laat dit by jou deur aflewer:

Of kry dit as ’n e-boek:

ENGLISH
×
Kontak my Teken in op my nuusbrief